top of page

Compilations | Bundels

Net 'n komma, nie 'n punt nie #2

Nou beskikbaar! Bestel nou!

Genre: Christian non-fiction

Pages: 236 pages

Format: A5 portrait, paperback

 

Soveel van God se kinders het kragtige getuienisse en die Bybel moedig ons aan om sulke getuienisse met mekaar te deel om sodoende geloof te stig en sy Koninkryk te bou. In hierdie tweede volume van Net ʼn komma, nie ʼn Punt nie, word nog 30 sulke kragtige ware verhale vertel van “gewone” mense vir wie die Here gewys het Hy sién hulle raak, kén hulle persoonlik en is lief vir hulle.

 

Mag hierdie stories jou geloof stig en jou aanmoedig om jou verhouding met God hegter te maak. Mag elkeen se verhaal en oorwonne kruis jou nader aan God se arms en troon trek. Hy sien jou ook raak en gee vir jou ook om, al voel dit dalk nie aldag so nie! Jou verhaal is al voor die grondlegging van die aarde geskryf.

Openbaring 12:11~ En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

As jy tans deur ʼn moeilike seisoen gaan, hou moed! Dit is Net ʼn komma, nie ʼn Punt nie. Gee alles aan God oor, en laat Hom toe om die stryd namens jou te stry.

Boek2-KommaNiePunt_cover-Front-FINAL.jpg

Koste R295 (koerier uitgesluit).

Belangrike inligting en antwoorde op gereelde vrae (vir skrywers):

Net 'n komma, nie 'n punt nie - Volume 2 is ʼn bundel vol inspirasie-stories waarin mense ware verhale van “wonderwerke” wat met hulle gebeur het, deel – ʼn getuienis van iets spesifieks en wonderbaarliks wat God in hulle lewens gedoen het. Die doel is om ons hemelse Vader se naam te verheerlik en om mense hoop te gee en te inspireer om ʼn verhouding met Jesus te bou. Dit moet ʼn ware verhaal wees wat tussen 300 en 3 000 woorde lank is. Stuur asb. die verhaal in MS Word-formaat per e-pos. Gee jou verhaal 'n titel wat mense sal interesseer. Sit asb. jou naam en van en ʼn kort persoonlike biografie by (net ʼn sin of twee) vir die “meer oor die skrywer” deel wat ons aan die einde van elke storie bysit. As jy wil, mag jy daar jou e-posadres bysit vir ingeval iemand jou oor jou getuienis wil kontak, anders kan hulle ons kontak en ons stuur die boodskap aan, dit is jou keuse. Van ons vorige skrywers was genooi vir radio-onderhoude. Dit moet interessant wees, dit moet jou eie storie wees, of jy moet toestemming kry as dit iemand anders se ervaring is, maar dit mag nie iemand se karakter afbreek of negatiewe goed oor ander mense wees nie… veral nie hulle name noem nie. As dit wel iets te doen het met ʼn ander persoon, moet jy dit so verander (name/plekke/tyd/geslag) dat niemand daardie persoon sal kan herken nie, TENSY die persoon wel skriftelik toestemming gestuur het of wettiglik in ʼn hof aangekla en skuldig bevind is en dit publieke kennis is, slegs dan kan ʼn mens die ware inligting gebruik, maar ons verkies steeds om sulke inligting privaat te hou.  Indien daar dus iets in jou lewe gebeur het, waar jy gedink het alles is verlore, maar op een of ander manier het dit wonderbaarlik uitgewerk, dan is dit ʼn getuienis van God se goedheid. Ons kies dan die stories wat ons ervaar gepubliseer moet word en redigeer dit sodat daar geen spelfoute of taalfoute in is nie. Elke skrywer wie se storie gekies is, kry dan die opsie om die boeke teen ʼn verlaagde prys (groothandelprys) aan te koop en kan dan die boeke aan vriende of familie verkoop teen die handelsprys (nie hoër nie) wat ons later sal deurgee – jy maak dus WINS deur jou boeke te verkoop. Jy is self verantwoordelik om enige sulke inkomste te verklaar. Ons dra al die redigering-, ontwerp-, en drukkostes, dus kos dit skrywers niks geld nie, behalwe vir die boeke wat jy aankoop soos hierbo genoem. Die boek sal ook op ons webwerf te koop wees, indien jy nie self van die boeke wil verkoop nie, maar ongelukkig kan ons nie daardie wins elke keer aan al die skrywers betaal nie, dit is te veel administrasie vir 'n klein bedraggie!  Indien jy 'n skrywer is, kontak ons vir jou spesiale koepon om jou 40% afslag te kry. ​Kontak ons indien jy nog meer inligting verlang.

NetKommaNiePunt

Net 'n komma, nie 'n punt nie (Vol. 1)

Ontmoet al die skrywers en geniet die pragtige lied geskryf en gesing deur Jaco Vollgraaff.
 
Kyk die video... onthou om klank aan te sit!

KommaNiePunt_cover-Final24_LR.jpg
Audience of one logos_ssmall.png

© 2024 by Audience of One Media

Address: 17 Swarthout St, Vredekloof, Brackenfell, WC, South Africa

Contact: +27 83 290 8863

Proudly created with Wix.com 

Most stock images from Pixabay & Freepik

bottom of page