Laat die kindertjies wat duimsuig ook na My toe kom
Jesus kom leer vir Hanno en sy boetie, Leon, dat NIKS hulle van sy liefde kan skei nie – nie eens ongehoorsaamheid nie. Dit is vir ʼn aardse ouer seker dié moeilikste karaktertrek van God om deurlopend uit te leef. Hy leer hulle dat liefde nie ʼn aan- en afsitknoppie soos ʼn lig het nie, en dat daar ʼn spesiale plek in elke mens se binnekant is waar jy Hom enige tyd kan ontmoet. Verder leer Jesus vir Hanno hoe om ontslae te raak van ʼn slegte gewoonte waaroor hy gereeld raas kry.
“Here Jesus, as U heeltyd by my is, weet U mos van al my ongehoorsaamheid?”
“Ja, Hanno, Ek weet dat jy hard probeer om soet te wees, maar dit dikwels nie regkry nie.”
“En U los my nie alleen of hou nie op om my lief te hê daaroor nie?”
“Nooit nie, Hanno, want Ek HET jou nie net lief nie. Ek IS liefde.”
Laat ons kindertjies ook na Jesus kom deur Hom dáár te ontmoet waar Hy in sy heilige plek binne-in die kern van elke mens woon. Die plek waarna ons, by gebrek aan ʼn beter term, verwys as ʼn mens se ‘hart’. Die middelpunt van wie jy is. Die plek waar daardie deel van God gesetel is wat Hy vir Homself uitgekies het.
Laat die kindertjies wat duimsuig ook na My toe kom
Format and No. of pages
A5 landscape, thick paper, full-colour images throughout, 52 pages.
Author
Maryna Knoetze
Illustrations by Kathleen & Olivia de Beer
Genre
Children's fiction
ISBN (Printed book)
978-0-6397-2247-4