top of page

Roelf Craig

Nuwe dagstukboekreeks

"Yeshua is die Woord"

Reeks-se-logo-sml.png
Yeshua Genesis

Yeshua in die Begin
Genesis

Nou beskikbaar!

 

Genre: Niefiksie, dagstukboek

Pages: 512

Formaat: Sagteband

Genesis beteken 'in die begin'. Ons weet dat “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God…” (Joh. 1:1).

Yeshua in die Begin is die eerste dagstukboek in die reeks, "Yeshua is die Woord", wat lesers op ʼn reis deur die Bybel neem en die goue draad van die rol van Yeshua as Verlosser en Bruidegom deurgaans uitlig. Die doel is dat elkeen kan verstaan wat die kragtige simboliese verbintenisse tussen die Ou en Nuwe Testament is, dat Abba Vader ʼn Vader van verbond is, en hoe al die verhale soos ʼn legkaart inmekaarpas.

Ingedeel volgens die daaglikse gedeeltes of “parashahs” soos die Messiaanse Jode jaarliks die hele Bybel deurlees, verduidelik Roelf Craig die misterie van hierdie liefdesverhaal van ʼn Bruidegom wat sy bruid wil red en huis toe neem. Deurgaans word praktiese, alledaagse toepassings van die Woord uitgelig en lesers word uitgedaag om die toestand van hul harte te ondersoek om ʼn dieper, lewende verhouding met die Vader te bou en om deur die leiding van die Heilige Gees sy wil uit te leef.

Die simboliek van sleutelwoorde word verduidelik deur te kyk na hul oorspronklike Hebreeuse betekenisse. Elke Hebreeuse letter word verder ook gekoppel aan ʼn getal en piktogram (prentjie) wat elke woord dus soveel ryker en dieper maak. Byvoorbeeld, die individuele letters van “In die begin” se Hebreeuse term, Bereshit, se saamgevoegde simboliese betekenisse kan soos volg geïnterpreteer word:

“Elohim sal ʼn huis skep deur verbond, Hy sal sy Seun as hoof van die huis aanstel. Hy sal Hom al die mag en al die outoriteit gee. Hy sal ʼn leermeester en ʼn verterende vuur wees. Hy sal die hand van God wees en sy teken sal ʼn kruis wees.” 

Die eerste woord bevat dus die omvang van die hele Bybel! Sy Woord is inderdaad so soet soos heuning.

Genesis_cover_book_mockup-FINAL.jpg
Roelf Portret RGB sml.jpg

Roelf Craig is die leraar van Houtkruis Aleph Tav Bediening in Pretoria.

Vind meer uit oor Houtkruis Bediening

Koste: R386 (aflewering uitgesluit)

Audience of one logos_ssmall.png

© 2024 by Audience of One Media

Address: 17 Swarthout St, Vredekloof, Brackenfell, WC, South Africa

Contact: +27 83 290 8863

Proudly created with Wix.com 

Most stock images from Pixabay & Freepik

bottom of page